JOIN OUR MAILING LIST

Ons is op soek na mense landswyd om by ons aan te sluit om Kwikwap agente te wees.

By Ezeweb Kwikwap volg ons 'n indiensopleidingsprogram waar die eerste 3 webwerwe saam met die nuwe voornemende konsultant gedoen word.

Ons verkies om met werklike gevalle / kliente die nuwe konsultant te help om gewoond te raak aan die Kwikwap sisteem.

Ons wil eers sien dat 'n voornemende Kwikwap konsultant oor die vermoe beskik om verkope te behartig voor ons tyd spandeer aan opleiding.

Ons vra nie die normale aansluitings/opleidingsfooi van R2,500 nie maar ons deel die fooie van die eerste 3 kliente wat ons dan saam met die nuwe voornemende konsultant diens.

Ons konsultante vra gemiddeld R3,100 per webwerf waarvan R600 oorbetaal word aan profesionele grafiese kunstenaars en CSS Stylesheet spesialiste. So het ons geen probleem om die mooiste webwerwe sonder enige moeite te bou nie. Kwikwap konsultante kan self probeer om ook grafiese kunstenaars te wees en self n fooi te vra vir daardie werk. Ook kan gelde gevra word vir byvoorbeeld fotografiese dienste of website kopie skrywes. Die aanvanklike gelde gaan na die Kwikwap konsultant.

Ons maak geld deur te deel in die maandelikse hosting fooie. Ook dit word gedeel met ons Kwikwap konsultante. Na 3 kliente is kwikwap konsultante geregtig op 'n deel van die maandelikse herhalende hosting fooie.

Gemiddeld betaal kliente R150 plus BTW vir hul hosting. Ons gee daarvan R75 aan die konsultant vir so lank as wat die konsultant bereid is en in staat is om 1 of 2 gratis telefoniese oproepe per maand van hul kliente te hanteer. Indien die aanvanklike opleiding goed gedoen word sal kliente jou nie baie pla nie en kan jou herhalende inkomste semi passeif van aard word.

Ons moedig ons konsultante aan om hul kliente goed te help en om so verwysings te kry. Ons kliente wie goed doen op soekenjins soos Google bly lank ons kliente.

Daar is 'n maandelikse fooi om 'n konsultant te wees van R171. Ons vra dit eers wanneer die nuwe konsultant 3 kliente het. Dan is die scenario as volg:

3 x 75 = R225 kommissie min agentskapsfooi van R171 = R54 netto kommissie. Ons wil nie geld maak uit konsultante wie nie seker is hulle wil die werk doen nie. So daar is geen aansluitingsfooi en geen maandelikse fooi nie. (Alvorens daar 3 betalende kliente is.)

Besighede wie suksesvolle Kwikwap konsultante is , is besighede soos www.buddywebdesign.co.za , www.butterbee.co.za , www.sureweb.co.za . Loer gerus na die webwerf van Buddy Web Design en dan sal gesien word wat is die werk wat 'n Kwikwap konsultant doen.

 

 

Back Back to top
JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Name & Surname
     
  Email
     
  Mobile no
  Date of Birth