JOIN OUR MAILING LIST
News


2011-04-01
April Nuusbrief aan huidige en voornemende Kwikwap Konsultante


Meeste van Ezeweb se huidige en voornemende konsultante is Afrikaans en daarom die rede vir die Nuusbrief in Afrikaans.

Eerstens net 'n snaakse sukses storie (En dis nie 'n April's fool joke nie!)

Ek het meer as 'n maand terug in Kalk Baaigesien dat 'n restaurant wat ek in November 2010 besoek het nuwe eienaars het. Dadelik het ek geweet waar ek daardie aand bier drink en met wie ek gesels. Vandag het Melanie in Kaapstad die ja woord gekry om voort te gaan met die webwerf vir die kliënt.

Sien asseblief http://www.kwikweb.co.za/wildolive .

In November 2010 het ek die foto geneem van lekker Sushi. Toe nog die vorige restaurant. Ek neem fotos van kos en snaakse dinge. Om later te kan gebruik in webwere wat ek bou of om te deel met vriende op face book.

 

Die bostaande foto het ons deel gemaak van die Home Page Slide Show.

Ek het by die eienaar van die restaurant 'n Logo gekry en 'n spyskaart wat op MS Word getik is. Gevolglik het dit my nie lank geneem om 'n demo webwerf te bou nie.

Melanie kon eers vanoggend 'n afspraak kry by die klient. Toe sy die rekenaar aanskakel om die demonstrasie te doen toe is haar internet data bundel klaar. Katastrofe? Nee.

Die klient vertel toe van 'n ontstoke besoeker wat gisteraand wou Sushi eet en dit is nie meer op sy spyskaart nie! lol! Ons nuwe klient het geen meer oortuiging nodig gehad nie! Sy webwerf werk reeds!

So wat leer ons? Hoekom is ons sukseslvol?

  • Ons is passievol oor ons werk
  • Ons is geduldig en volhard
  • Ons maak dinge vir onsself interessant
  • Die Kwiwkap Produk werk!

  • Ons werk hard. (Twee ure net op 'n demo)

'n Mens moet wel mooi onderskeid tref wanneer jy tyd spandeer op 'n demo webwerf. Die paar biere en gesels met die eienaar die aand van my eerste ontmoeting het my oortuig dat hierdie 'n suksesvolle transaksie gaan wees.

Daarom het ek twee ure spandeer. Die webwerf is nog nie mooigemaak en voltooi nie. Iewers moes ek stop. Ek het ook al baie tyd gemors met demo webwerwe. Maar dan werk ek nie normale werksure nie want my werk is my passie.

Ek behoort eerder die tyd te spandeer aan deur tot deur bemarking of telefoon bemarking. Ek dink die is wel 'n uitsondering. Die klient het wel ingestem vir 'n demo webwerf.

My nuutste scheme! lol!

Kry besigheid deur jou eie webwerf

  • Gebruik jou spesiale talente
  • Gebruik die Kwikwap Produk self
  • Kry besigheid deur Google
  • Practise what you preach

http://www.kwikwap.co.za/bizplan


Een van die talente wat ek het is om te kan skryf soos ek hier skryf. Ek probeer nie te perfeksionisties te wees nie so verskoon asseblief die spelfoute. (Perfeksionisme kan mens duur te staan kom - tydsgewys)

Nog een is dat ek mense kan help om besigheidsplanne op te stel.

Ek kombineer dit met Kwikwap Webwerwe en kan nou vir mense 'n besigheidsplan opstel wat 'n lewendige besigheidsplan is.

Ek het al voorheen kliente gekry vir 'n webwerf wat my eers genader het vir 'n besigheidsplan. Dis die regte mark vir moontlike webwerf kliënte.

Ook sal u merk dat ek in afrikaans skryf. Ek teiken dus met die webwerf die mense wat in Afrikaans google. Ek kan die hele webwerf ook later in Engels doen. Dis net makliker om in Afrikaans te skryf en 'n deeltjie van die mark te kry. Want niemand anders skryf in Afrikaans oor besigheidsplanne nie.

Hierdie geheime kan u gerus deel met u kliente.

U kan dit ook self toepas. Ek deel juis my diamante met julle omrede die mark vir Kwikwap se produkte so groot is. Hoe meer suksesvolle Kwikwap konsultante en hoe meer profesioneel die diens wat aan Kwikwap gekoppel word hoe beter vir my eie besigheid. (Buddy Web en Ezeweb)

Ek gebruik self die nuusbrief funksie vir u die huidige en voornemende Kwikwap konsultante om u een maal 'n maand te herhinner aan Kwikwap. 

Ek doen dieselfde met Buddy Web Design. Een keer 'n maand kry al my potensiële kliente 'n nuusbrief. Ons het tans amper 'n 100 aktiewe leidrade. Ons wil dit maandeliks vergroot en as ek doen wat ek preek sal ek aan die einde van April baie meer hê. Sjoe! Sit ek bietjie druk op myself wat goed is.

Ek sal in Mei terugvoer gee oor hierdie saak.

Dit is die grootste enkele ding wat die sukses van u Kwikwap Agentskap gaan bepaal. Met hoeveel nuwe mense u daagliks praat.

My skemas is goed en interessant maar ek moet in die strate kom by die besighede. 

Ek gaan poog om die 100 aktiewe leidrade by Buddy Web Design meer as te verdubbel in een maand se tyd.

Dit beteken ek sal moet bel, prospekteer by my huidige kliënte vir verwysings, en in die strate loop en kliënte soek.

Hierdie skema van my kan my wel kliënte vir webwerwe en moontlike konsultante vir Ezeweb bring. Maar as ek sou staatmaak op verwysings deur die internet alleen gaan ek onderdeur gaan.

Ander webwerf ontwerp beginsels

Ander beginsels wat ek toepas met die nuwe webwerf is dat my webwerf Buddy Web Design uitlsluitlik fokus op webwerwe en nie webwerwe en besigheidsplanne nie. Ek gaan nou nie meer besoekers na Buddy Web Design kry wat eintlik op soek is na besigheidsplanne nie.

Dit is beter om minder gefokusde besoekers te kry en besigheid te doen as 'n klomp besoekers wat nie lei tot besigheid nie.

Laat jou klient liewers twee of drie webwerwe kry. Met wesenlike afslag vir die tweede of derde. (Jou maandelikse kommissie sal vergroot.)

Jou kliënte gaan beter doen want hulle FAQ afdeling gaan byvoorbeeld gaan oor een produk of diens. Ek sien in praktyk dat sulke webwerwe beter doen. Webwerwe wat spesialiseer in een produk of diens.

Ander nuus

Buddy Web Design het begin om te adverteer op Google. Dit is een van die waarde toegevoegde dienste wat Kwikwap nou aan hul kliente bied. Ek self betaal Kwikwap met 'n plesier die R200 'n maand vir die bestuur van my Google advertensies. Geen lang termyn kontrak soos met Easy Info nie. Dit is weereens 'n waarde toegeveogde diens wat ons aan ons kliente kan bied.

Dit het my genoop om krities te kyk na die Webwerf van Buddy Web Design en het reeds 'n grootste poging aangewend om te verseker dat vir elke R500 wat ek aan advertensie spandeer dat ek ten minste een kliënt kry.

Webwerf ontwikkeling, fotografie,verblyf is van die bedrywe wat die mees kompeterende is vir spasie op soekenjin resultate. As jy nie baie unieke data gebruik nie gaan jy min besigheid kry.

In sommige gevalle moet mens sommer byvoorbaat begroot om op Google of Facebook te adverteer.

Sien Suid Afrika!

Kwikwap het my die geleentheid gegee om orals te werk waar my rekenaar is. Ek het al mooi plekke gesien terwyl ek werk. Ek deel van die fotos van sulke plekke hieronder. In retrospek sou ek baie meer webwerwe verkoop het in Pretoria of Kaapstad as in die klein plekkies en miskien is dit beter om te werk in die stad en te speel in die klein plekkies maar lekker bly tog lekker.

 

Kalkbaai Kaapstad

 


Krugerwildtuin

Ek het wel planne om webwerwe te bemark deur bv http://www.kalk-bay.mobi en http://www.mykrugerpark.mobi

Dit is wel planne wat kan werk mits ek genoeg tyd daaraan spandeer. Dis 'n bevredigende stokperdie , die bedryf van die webwerwe maar definitief die lang manier om webwerwe te verkoop.

Miskien is April die maand waarin ek die regte ding doen. Meer as verdubbel die aktiewe leidrade van Buddy Web Design. Los die schemes vir eers.

Doelwit vir Buddy Web Design

My doelwit vir Buddy Web Design is 1,000. Nie net 1,000 kliënte nie maar 1,000 mense wat Kwikwap ken en verstaan en nooit weer sal kyk na enige ander opsie as Kwikwap nie.

Lank voor ons by 1,000 sulke mense is sal die besigheid (agv dalk 100 sulke mense) vanself begin groei en nooit ophou groei nie. Sonder dat ek na nuwe kliënte hoef te soek.

Dit behoort die doelwit vir elke Kwikwap Konsultant te wees.

Verdien R500!

Miskien stel u nie self meer belang om 'n Kwikwap konsultant te word nie maar weet u wel van iemand wat sal belang stel. Stuur die nuusbrief aan sulke persone en cc francois@kwikwap.co.za. Ek betaal u R500 vir elke persoon wat aansluit by Kwikwap of 'n webwerf by my neem.



 



Back Back to top